Proscenium Dramakompetisie

Welkom by die Proscenium Dramakompetisie! Hierdie splinternuwe veeltalige kompetisie bied aan hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 die geleentheid om individueel deel te neem en hul kreatiwiteit op nasionale vlak uit te leef.

Play Video

kykNET

Wat behels dit?

Jy ontmoet suksesvolle professionele akteurs en ander mentors, en kry geleentheid om skouers te skuur met eendersdenkende kulturele én ander uitblinkers in die land. Kosbare bande word gesmee tydens die finale rondes wat in Kunstekaap plaasvind.

Hierdie is ’n Tribuo-projek

Play Video

Wat is die doel?

Die doel van die kompetisie is om jong akteurs bekend te stel aan die wêreld van die uitvoerende kunste. Deelnemers word blootgestel aan verskeie fasette van die vermaaklikheidsbedryf, soos teater, televisie, radio en oorklanking. Jy kan hierna beter ingeligte loopbaanbesluite neem. Kosbare bande word gesmee tydens die finale rondes wat in Kunstekaap plaasvind. Skryf nou in en word deel van dié onvergeetlike ervaring.

Tydlyn

Datum
Wat gebeur?
1 September 2023
Inskrywings open vir 2024
26 Januarie 2024
Sluitingsdatum vir inskrywings
23 Februarie – 20 Maart 2024
Uitdunrondes in verskeie sentra
26 Maart 2024
Bekendmaking van finaliste
Finaal in Kunstekaap Teater
9 Mei 11:00 – 21:00
Ronde 1
10 Mei 11:00 – 15:00
Ronde 2
10 Mei 16:00
Ronde 3: RSG
10 Mei 19:00
Ronde 3: Suidooster
10 Mei 19:00
Ronde 3: Overklank
11 Mei 9:00 – 17:00
Repetisies: Finaliste
11 Mei 19:00
Ronde 4 en prysuitdeling

Voorskrifte aan deelnemers

Proscenium Dramakompetisie
Radiodrama
Verhoogproduksie

Ronde-spesifikasies

Kompetisiereëls

Pryse

win cash with proscenium drama competition
Medaljes en kontant

Medaljes en kontantpryse word toegeken vir die eerste drie plekke, asook die beste junior (graad 8 & 9).

Radiodrama

RSG kies akteurs uit die finale rondes om in ’n radiodrama te speel.

radio sonder grense proscenium drama competition
kyknet drama competition
Sepie

KykNET kies ’n akteur uit die finaliste om in een van hulle sepies te speel.

Oorklanking

’n Oorklankingsgeleentheid by Overklank.

overklank proscenium drama competition
US-beurs

Graad 12-finaliste kan aansoek doen vir ’n WOW-beurs om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Northlink Kollege-beurs

Graad 12-finaliste kan aansoek doen vir ’n studiebeurs aan Northlink Kollege.

northlink proscenium drama competition
proscenium drama kompetisie pryse
Sertifikate

Alle finaliste ontvang sertifikate.

Verhoogproduksie

Uit die finaliste word kandidate gekies om ’n rolverdeling te vul vir ’n verhoogproduksie wat onder leiding van ’n professionele regisseur by ’n kunstefees opgevoer sal word.

proscenium stage play

Proscenium Dramakompetisie-inskrywingsvorm

1STAP 1: Deelnemer se besonderhede
2STAP 2: Onderwyser of ouer se besonderhede
3STAP 3: Betaling en toestemming

Deelnemer-besonderhede

Naam * Van * Graad * Actions
     

Cornelia Faasen

Cornelia Faasen het Drama en Teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en haar meestersgraad cum laude behaal met ’n navorsingskomponent wat aan die Universiteit van Amsterdam voltooi is. In 2010 is sy aangestel as Hoof van Kuns en Kultuur aan die Universiteit van die Vrystaat – ’n pos wat ná die berugte Reitz-video-voorval, ingestel is om te fokus op transformasie en integrasie deur kuns en kultuur onder die studentegemeenskap. Sy is aangestel as Dekaan van Studentesake nadat sy vir twee jaar in daardie pos waargeneem het. In 2016 het sy by die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) aangesluit as die hoof- uitvoerende beampte. NATi fokus op die befondsing en ontwikkeling van nuwe teaterproduksies en samewerking met vervaardigende feeste; met ’n besondere belangstelling in Afrikaans se posisie as deel van die Suid-Afrikaanse landskap van inheemse tale, sowel as ’n fokus op alternatiewe narratiewe en voorheen gemarginaliseerde stemme in Afrikaans. Sy doseer ook deeltyds in Stellenbosch Universiteit se Dramadepartement en spesialiseer in Gevorderde Teorie vir nagraadse studente en Inleiding tot die Nywerheid vir voorgraadse studente. Cornelia dien sedert die Teater- en Dansalliansie (TADA) se ontstaan in 2021 as ondervoorsitter, en sy is ook ’n stigtersraadslid van Tribuo, ’n hulpfonds vir kunstenaars. Sy woon in Stellenbosch.

Herman van der Westhuizen

Herman was voorheen ’n onderwyser en hy is passievol oor die ontwikkeling van jong talent. Hy het die Nasionale Toneelspelkompetisie vanaf 2002 tot met sy aftrede in 2019 georganiseer. Herman het vir 20 jaar op die Fleur du Cap-paneel gedien, en hy was ook sameroeper van die Fiësta- en die Kanna-paneel.

Ira Blanckenberg

Ira het ’n honneursgraad in Drama aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Die afgelope 25 jaar is sy verhoog-, televisie- en filmaktrise, regisseur, stemkunstenaar en SACE-geregistreerde drama-afrigter met haar eie dramaskool. Sy was vir 12 jaar ’n nasionale beoordelaar vir ATKV-Tienertoneel. In 2022 is sy vir ’n SAFTA benoem as beste aktrise in ’n ondersteunende rol vir die rolprent Toorbos.

Janine Opperman

Janine (gebore Pretorius) het ’n honneursgraad in Drama aan die PU vir CHO verwerf. Sedert 1985 het sy as vryskutaktrise, stemkunstenaar en oorklankingspesialis gewerk. Sy het onder andere ’n hoofrol in die radioverhaal “Stralerjakkers” vertolk, en gespeel in TV-produksies soos Kampus, Cul de sac en Plek van die vleisvreters. Ná ’n loopbaan wat gewissel het van toesigvervaardiger vir M-Net tot hoofskrywer van Villa Rosa, asook verskeie bestuursposisies, tree sy in 2022 by M-Net af as Senior Bestuurder: Realiteit en Vermaak vir kykNET-kanale. Tans is Janine ’n projekbestuurder by Tribuo.

Karen Meiring

Karen het ’n omvangryke en veelsydige loopbaan in die kunste- en vermaaklikheidsbedryf. Haar ervaring sluit in dié van sanger by SUKOVS Opera, talle musiekblyspele en pantomimes vir TRUK, en sy was ’n stigterslid van die veelbekroonde vroue- a capella-groep Cutt Glas. Sy het as bestuurder en agent van verskeie kunstenaars opgetree en was aan die stuur van Club 58 in Hillbrow, The Crossing in Grahamstad en die Oude Libertas Amfiteater op Stellenbosch. Karen het die eerste KKNK georganiseer en was later uitvoerende direkteur van dié fees, sy is voormalige direkteur van kykNET TV-kanale en inisieerder van die Fiëstas en die Silwerskermfees. Tans dien sy in die direksies van die SBA en die Encounters Filmfees, en sy is voorsitter van die Tribuo-kunstenaarshulpfonds. Kscenario is haar nuutste onderneming.